7 January 2004 by Admin

Wat van ‘n Turksvydag in Suid-Afrika?

Wat van ‘n Turksvydag in Suid-Afrika?
7 January 2004 by Admin

‘n (Wille) vrug met dorings!

So, what is so special omtrent hierdie vrug? En die ergste: dit groei so wraggies in die bos – ver verwyderd van mens se tjint. Die vrug: die stekelrige turksvy, wat eens as ‘n onkruid beskou is en vandag die inspirasie vir verskeie feeste oor kontinente heen is.

Glo my, alles is gewis nie net ‘n grap nie, soos Eugène Marais se “Skoppensboer” te kenne gee. Dit is ook nie net in Mexiko waar turksvyfeeste hoogty vier nie. Hier op eie bodem doen die doringvrug ook sy ding. En nogal hier in my valley – die Oos-Kaap.

Op my tuisdorp, Uitenhage, trek die jaarlikse en alombekende Turksvyfees in die eerste helfte van elke jaar meer as 20 000 mense. Dit is amper trippel so veel mense as wat die sukkelende Olifante op Telkom Park in meer as ‘n seisoen kan bymekaar kry.

En as jy jou windgat hou en Gauteng bo die “ekonomies bankrot Oos-Kaap” verkies, kan jy ook daar makietie met die doringvrug hou. Doer in die Jakarandastad is daar elke jaar in Februarie ook ‘n Turksvyfees. By die Rooihuiskraal-feesterrein, nogal.

En gepraat van “rooi”. Gaan die ouens se gevrete nou nie rooi wees na hierdie feeste nie? Want kyk, ou broer of suster, as jy ‘n drinker is, dan kan jy sommer jou kantien byderhand hou. Turksvybier en turksvywitblits gaan sorg dat jy die woord skaam sommer net so vergeet. Of sal ek sê ‘n ander betekenis aan die woord gee. En glo my, die skade sal eers Sondag bereken kan word. Wat ook al te laat gaan wees. Want spyt kom mos altyd agterna.

Maar wie worry dan? As die babelas knyp, dan is Sondae mos vir laat slaap, om in te haal wat jy die vorige aand verloor het, behalwe as jy met ‘n trein of taxi werk toe moet gaan, moet regmaak vir die oggenddiens, of die kos vir middagete moet opsit.

Dronk maak – dit is darem nie al wat die turksvy kan vermag nie. Ja, net soos in die mens se geval het die turksvy darem ook ‘n goeie en ‘n slegte kant. Daai’s maa’ al.

Met die meer as 40 seleksies kan daar glo wondere verrig word. Van die verskillende soorte is Morado, Gymno Carpo, Algerian en Skinners Court glo die gewildste.

Gedink lakseermiddels is duur? Dan moet jy weer ‘n slag nadink. In ‘n sekere land maak vroue reeds eeue lank ‘n aftreksel van turksvye se gedroogde blomme om as lakseermiddel te dien. So, jy hoef nie Laxador of kasterolie te koop as hardlywigheid of ‘n vuilmaag of ‘n goormaag jou moeilikheid gee nie. Soek net turksvyblomme. En onthou tog: as dit werk, dan gaan ‘n gewone toiletrol nie die stryd kan weerstaan nie. Neem verkieslik ‘n deel van ‘n aartappelsak of ‘n hele koerant (as jy dit klaar gelees het, asseblief tog) om die afrondingswerk in die toilet of agter die bos te doen. En kyk, na die sessie gaan jy beslis ook water nodig hê.

Met die Oos-Kaapse gesondheidsdienste wat in ‘n posisie van ineenstorting is, help die turksvy, God dank, om die geneeshere op ‘n afstand te hou deur hartsiektes te voorkom. Navorsing het onomwonde bewys dat die doringvrug die cholesterolvlak in die bloed laag hou en so hartsiektes voorkom.

In Mexiko word ‘n geneesmiddel vir die behandeling van diabetes van turksvye vervaardig. Verder bevat die vrug belangrike minerale soos kalsium, magnesium en kalsium sowel as vitamien C. En dan kan jy nog die turksvy omskakel in nagereg, turksvypons, turksbrood en so meer.

En sedert 1914 steun die boere in die Karoo swaar op die turksvy as droogtevoer vir vee. Die skep van ‘n megareservaat in die Baviaanskloof is ook van groot belang vir die bewaring van die turksvy in die substreek. Dit is ongetwyfeld goeie nuus vir die landbou, wat een van die steunpilare is van die Oos-Kaapse ekonomie.

Nou die slegte nuus. Gerugte dat turksvye hardlywigheid veroorsaak, kon nog nooit deur wetenskaplikes ontken of erken word nie.

So, as die hardlywigheid jou pak – dan moet jy tog na die Laxador of kasterolie en ook na ‘n aartappelsak of ‘n koerant gryp. Indien nie, dan sal ‘n motorpomp vol water jou van die pitte moet verlos.

En as die historici dit reg het, dan het die turksvy sy opwagting in Suid-Afrika so om en by 1652 gemaak – saam met die broer (Jan van Riebeeck) van die Lae Lande. Regverdig dit dan nie ‘n Turksvydag nie?

Jason Lloyd

LitNet: 07 Januarie 2004

Next article Turksvyfees beplan

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

About The Blog

Nulla laoreet vestibulum turpis non finibus. Proin interdum a tortor sit amet mollis. Maecenas sollicitudin accumsan enim, ut aliquet risus.

Recent Posts

  • Cactus Pear in South Africa: A Miracle Plant for People, Animals, and Agriculture
  • TURKSVY: ‘N KAKTUS VAN ‘N ANDER KLEUR
  • Vind Tradisionele Medisyne: Alles Oor Turksvy-Uittreksel

Categories

  • Lifestyle
  • News
  • Others
  • People
  • Post

Meta

  • Log in
  • Entries feed
  • Comments feed
  • WordPress.org

Tags

Article Artikel Information

Hoekom Turksvyfees

Iemand het eendag gese, die turksvy is nie ‘n vrug nie, dis ‘n medisyne wat baie lekker proe.

Ons vier hierdie wondervrug in ons erfenis.

Recent Posts

  • Cactus Pear in South Africa: A Miracle Plant for People, Animals, and Agriculture
  • TURKSVY: ‘N KAKTUS VAN ‘N ANDER KLEUR
  • Vind Tradisionele Medisyne: Alles Oor Turksvy-Uittreksel
Turksvyfees. Proudly Built By Stratagex

About This Sidebar

You can quickly hide this sidebar by removing widgets from the Hidden Sidebar Settings.

Recent Posts

  • Cactus Pear in South Africa: A Miracle Plant for People, Animals, and Agriculture
  • TURKSVY: ‘N KAKTUS VAN ‘N ANDER KLEUR
  • Vind Tradisionele Medisyne: Alles Oor Turksvy-Uittreksel

Categories

  • Lifestyle
  • News
  • Others
  • People
  • Post

Meta

  • Log in
  • Entries feed
  • Comments feed
  • WordPress.org