Landbouweekblad: 23 Jan 2004
Die grootste turksvyfees sedert sy ontstaan 13 jaar gelede word vir 31 Januarie in Centurion beplan.
Volgens die organiseerders sal daar, ondanks die droogte en ongunstige klimaat, turksye in oorvloed wees. Die koskenner, Lochner de Kock, sal wys hoe rooi, geel en groen turksvye in fynproewersdisse benut kan word.
Boeresport, vlooimarkstalletjies, ‘n speelpark, biertuin, sangers en dansers sal deel van die program wees. Toegang is R15 vir volwassenes en R10 vir skoliere en pensioenarisse.

